zondag 20 december 2009

Uk Gedicht van 17 december 2009


Sacha Landkroon's nieuwe bijdrage aan de universiteits krant van deze week als Huisdichter van de Rijks Universiteit Groningen, is ditmaal een gedicht in het Zuid-afrikaans en heet Kakofoniese Perkussie

Kakofoniese perkussie

Daar is mense wat sê dat die klank
op die wind van vandag nie bly hang nie.
Daar is mense wat nie meer wil dans nie
uit vrees vir swaarwegende bene, en

misskien ook die angs dat hulle gedagtes
te swaar sal wees vir die kop om te dra
(wat tog lank nie so seermaak as alsmaar
die rubbish van schreeuwende Whitneys,

Beyoncés, Mariahs). Waar jy jou oor
voor moet open, is die stampende koor
van verbeelding; die dansvloer wat tril
van begeerte, ‘n optog van veelkleurige

skoentjies. Daar is DJ’s wat vlieg rond
die aarde om ons vir die ramp te bewaar.
Hulle moet nie verguis nie, maar respekvol
benader, die hare gestreel vir die belang

van die dance in die lewe tot halfweg
die aarde. Die boem-boem-beat het my
kadoemps gegryp, so sweefgevoel
waarmee jy oor die passievolle golwe gly

is al wat nodig is om hierdie koue tyd
weer van die grond te kry. Daar is mense
wat nie meer waag om te dans nie, ek sou
wil hoor welk paradys hulle verlore, maar

hulle steek steeds vingers in my ore.

Geen opmerkingen:

Een reactie posten